Genesis 39:20 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die heer van Josef het hom geneem en hom in die gevangenis gesit, 'n plek waar die gevangenes van die koning opgesluit was; en hy was daar in die gevangenis. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy gryp Josef en gooi hom in die tronk waar die koning se gevangenes gehou word. Terwyl hy daar in die tronk was, |
| Afrikaans 1933/1953 | en die heer van Josef het hom laat vang en hom in die gevangenis gesit op die plek waar die gevangenes van die koning opgesluit was; en hy was daar in die gevangenis. |
| Afrikaans 1983 | en het hy vir Josef gevat en in die tronk gegooi waarin die mense was wat deur die koning gevange gehou is. Terwyl Josef daar in die tronk was, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Josef se eienaar het hom gevat en hom in die gevangenis gegooi, die plek waar die koning se gevangenes aangehou is. Hy was daar in die gevangenis, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Potifar het vir Josef in die tronk laat toesluit, die tronk waar die koning sy gevangenes gehou het. Josef het lank daar in die tronk gebly. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hy het Josef gegryp en hom in die tronk gegooi. Dit was die tronk waarin al die mense gestop is wat teen die koning oortree het. |