Genesis 39:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die HERE was met Josef, en hy was 'n voorspoedige man; en hy was in die huis van sy heer, die Egiptenaar. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Here was met Josef sodat dit met hom goed gegaan het in die huis van sy Egiptiese meester. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die HERE was met Josef, sodat hy 'n voorspoedige man was; en hy het in die huis van sy heer, die Egiptenaar, gebly. |
| Afrikaans 1983 | Die Here was by Josef en dit het baie goed gegaan met hom. Hy het in die huis van sy eienaar, die Egiptenaar, gebly. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die Here was met Josef, en hy was 'n suksesvolle man. Hy was werksaam in die huis van sy eienaar, die Egiptenaar. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here was by Josef, en dit het baie goed gegaan met alles wat hy gedoen het. Hy het in die huis van sy eienaar in Egipte gewoon. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here was baie naby aan Josef en dit het goed met hom gegaan. Hy het in Potifar se huis gewoon en ook daar gewerk. |