Genesis 39:19 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En dit het gebeur toe sy heer die woorde van sy vrou hoor wat sy met hom gespreek het en gesê het: So het U dienaar aan my gedoen; dat sy toorn ontvlam het.
Afrikaans (NLV) 2011 Nadat Potifar sy vrou se storie gehoor het oor wat hy met haar probeer aanvang het, was hy briesend.
Afrikaans 1933/1953 Toe sy heer die woorde hoor waarmee sy vrou hom aanspreek: So en so het jou kneg aan my gedoen -- het hy baie kwaad geword;
Afrikaans 1983 Toe Josef se eienaar by sy vrou hoor wat sy slaaf alles aan haar gedoen het, was hy kwaad,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe sy eienaar die woorde van sy vrou hoor, dit wat sy vir hom gesê het, “Dít is die dinge wat jou slaaf aan my gedoen het,” het hy kwaad geword.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe Potifar hoor wat sy vrou vir hom vertel wat Josef wou doen, het hy baie kwaad geword.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe Potifar dit hoor, was hy woedend.