Genesis 39:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En sy het volgens hierdie woorde met hom gespreek en gesê: Die Hebreeuse dienaar wat jy na ons toe gebring het, het na my ingekom om met my te spot. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Sy sê toe vir hom: “Daardie Hebreeuse slaaf wat jy hier ingebring het, het probeer om by my aan te lê. |
| Afrikaans 1933/1953 | En sy het hom met dieselfde woorde aangespreek en gesê: Die Hebreeuse kneg wat jy vir ons hier gebring het, het na my gekom om met my gek te skeer; |
| Afrikaans 1983 | Sy het alles vir hom vertel en vir hom gesê: “Die Hebreeuse slaaf wat jy hier by ons ingebring het, het by my kom aanlê, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Sy het dieselfde woorde vir hom gesê: “Die Hebreeuse slaaf wat jy vir ons gebring het, het na my toe gekom om hom met my te vermaak! |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe vertel sy vir hom: “Die Hebreeuse slaaf wat jy na ons toe gebring het, het na my toe gekom en wou seks hê met my. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Sy het vir hom ook dieselfde storie vertel: “Die Hebreeuse slaaf wat jy hier aangebring het en wat vir ons moes werk, het in my kamer ingebars terwyl ek geslaap het. |