Genesis 39:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En omtrent hierdie tyd het Josef in die huis ingegaan om sy werk te doen; en daar was nie een van die manne van die huis daar binne nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Eendag was hy besig om sy werk te doen terwyl daar niemand anders in die huis was nie.
Afrikaans 1933/1953 kom hy eendag in die huis om sy werk te doen terwyl niemand van die huisgenote binne was nie.
Afrikaans 1983 Op 'n dag toe Josef in die huis ingaan om sy werk te doen, was daar niemand van die ander slawe in die huis nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe hy egter op 'n sekere dag in die huis ingaan om sy werk te doen en daar niemand van die huiswerkers in die huis was nie,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Eendag het hy in Potifar se huis kom werk, soos hy altyd gedoen het. Daar was niemand anders in die huis nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Op ’n dag het Josef alleen in Potifar se huis gewerk. Al die ander huiswerkers was buite en Josef het alleen agtergebly.