Genesis 39:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Josef is na Egipte afgebring; en Potifar, 'n offisier van Farao, owerste van die lyfwag, 'n Egiptenaar, het hom gekoop uit die hande van die Ismaeliete wat hom daarheen afgebring het.
Afrikaans (NLV) 2011 Die Ismaelitiese handelaars het vir Josef Egipte toe gebring. Daar het Potifar, ’n amptenaar van die farao en hoof van die lyfwag, hom by hulle gekoop.
Afrikaans 1933/1953 En Josef is afgebring na Egipte; en Potifar, 'n hofdienaar van Farao, die owerste van die lyfwag, 'n Egiptiese man, het hom gekoop uit die hand van die Ismaeliete wat hom daarheen afgebring het.
Afrikaans 1983 Josef is na Egipte toe gebring. Potifar, 'n amptenaar van die farao en hoof van die lyfwag, 'n Egiptenaar van geboorte, het vir Josef by die Ismaeliete gekoop wat hom Egipte toe gevat het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Josef is afgebring na Egipte. Potifar, 'n paleisamptenaar van die farao en die hoof van die lyfwag, 'n Egiptiese man, het hom gekoop by die Ismaeliete wat hom daarheen afgebring het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Ismaelitiese handelaars het vir Josef na Egipte gebring. 'n Belangrike amptenaar, Potifar, het hom gekoop. Potifar was die hoof van die wagte wat die farao moes oppas.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Josef het toe uiteindelik in Egipte beland. Die Ismaeliete het hom soontoe gevat en hom daar aan ’n belangrike Egiptenaar, Potifar, verkoop. Potifar het in die farao se paleis gewerk en was die hoof van die koning se lyfwagte.