Genesis 38:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Onan het geweet dat die saad nie syne sou wees nie; en toe hy by sy broer se vrou ingaan, het hy dit op die grond gestort, sodat hy nie vir sy broer saad sou gee nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maar Onan was nie bereid om ’n kind te hê wat nie sy wetlike erfgenaam sou wees nie. Dus het hy, elke keer wanneer hy met Tamar gemeenskap gehad het, gesorg dat sy saad op die grond kom om te verhoed dat hy vir sy broer ’n erfgenaam verwek. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar Onan het geweet dat die nageslag nie syne sou wees nie; daarom het hy, elke keer as hy by die vrou van sy broer ingaan, dit op die grond verderwe om vir sy broer geen nageslag te gee nie. |
| Afrikaans 1983 | Onan het geweet dat die kinders wat gebore sou word, nie as syne beskou sou word nie, en daarom het hy elke keer as hy met die weduwee van sy broer gemeenskap gehad het, gesorg dat sy saad op die grond kom. Hy wou nie dat daar kinders vir sy broer gebore word nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar Onan het geweet dat die nageslag nie sy eie sou wees nie. Daarom het hy, wanneer hy by sy broer se vrou ingegaan het, sy saad op die grond gestort, om nie vir sy broer 'n nageslag te gee nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar Onan het besef dat die nageslag wat uit haar gebore sou word, nie sy nageslag sou wees nie. Hy het seks gehad met sy broer se weduwee, maar elke maal het hy sy saad op die grond laat val. Hy het dit gedoen omdat hy nie vir sy broer 'n nageslag wou laat kry nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Onan wou nie eintlik nie. Hy het goed geweet dat elke kind wat gebore word, nie syne sou wees nie, maar aan sy broer sou behoort. Hy het toe wel ’n paar keer by Tamar gaan slaap, maar hy het elke keer sy saad op die grond laat val en nie binne-in haar nie. So het hy gesorg dat sy broer se nageslag nie uitgebou word nie. |