Genesis 38:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En sy het weer swanger geword en 'n seun gebaar; en hy het hom Sela genoem, en hy was in Kesib toe sy hom gebaar het.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe haar derde seun gebore is, het sy hom Sela genoem. Hulle was op daardie stadium in Kesib.
Afrikaans 1933/1953 En sy het nog weer 'n seun gebaar en hom Sela genoem; en hy was in Kesib toe sy hom gebaar het.
Afrikaans 1983 Toe Juda in Kesib was, het sy weer 'n seun in die wêreld gebring en hom Sela genoem.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Sy het weer 'n keer aan 'n seun geboorte gegee en hom die naam Sela gegee. Juda was in Kesib toe sy aan hom geboorte gegee het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Sy het nog 'n seun gekry en sy het hom Sela genoem. Hulle was in Kesib toe haar seun Sela gebore is.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe haar derde kind gebore is, het sy hom Sela genoem. Hy is gebore toe hulle in Kesib was.