Genesis 38:30 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En daarna het sy broer uitgekom wat die bloedrooi draad aan sy hand gehad het, en sy naam is Sarag genoem. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Daarna is die baba met die rooi garingdraad om sy pols gebore. Hy is Serag genoem. |
| Afrikaans 1933/1953 | En daarna is sy broer gebore aan wie se hand die rooi draad was. En hulle het hom Serag genoem. |
| Afrikaans 1983 | Daarna het die broertjie gekom om wie se hand die rooi garing was, en hy is Serag genoem. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Daarna het sy broer uitgekom, die een wat die stukkie karmosynrooi tou aan sy handjie gehad het. Hulle het hom Serag genoem. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daarna is sy broer gebore met die rooi garing aan sy hand, en sy het hom Serag genoem. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe is sy broer gebore. Hy het nog steeds die pers garingdraadjie om die arm gehad. Hulle het hom Serag genoem. |