Genesis 38:28 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En toe sy baar, steek die een sy hand uit, en die vroedvrou het 'n bloedrooi draad om sy hand geneem en aan sy hand gebind en gesê: Dit het eerste uitgekom.
Afrikaans (NLV) 2011 Tydens die geboorte het een sy hand uitgesteek. Die vroedvrou bind toe ’n rooi garingdraad om sy pols en sê: “Hierdie een is eerste.”
Afrikaans 1933/1953 En terwyl sy baar, het een die hand uitgesteek; en die vroedvrou het dit gegryp en 'n rooi draad om sy hand gebind en gesê: Hierdie een is eerste gebore.
Afrikaans 1983 Toe die geboorte begin, het een van die twee sy hand uitgesteek en die vroedvrou het dit gegryp en 'n stukkie rooi garing daarom gebind. Sy het gesê: “Hierdie een is eerste.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Terwyl sy geboorte gee, steek een 'n handjie uit. Die vroedvrou neem dit toe en bind 'n stukkie karmosynrooi tou aan sy hand, met die woorde: “Hierdie een het eerste uitgekom.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe die babas gebore word, steek die een sy hand uit. Die vrou wat vir Tamar gehelp het, neem toe 'n stuk rooi garing en bind dit om sy arm. Sy het gesê: “Hierdie een het eerste uitgekom.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Terwyl sy geboorte gee, het een van die kinders sy hand uitgesteek. Die vroedvrou het ’n pers garingdraadjie om sy arm gebind en gesê: “Hy gaan eerste gebore word.”