Genesis 38:26 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Juda het hulle erken en gesê: Sy was regverdiger as ek; omdat ek haar nie aan my seun Sela gegee het nie. En hy ken haar nie meer nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Juda het erken dat dit syne was en sê: “Ek is skuldiger as sy, want ek het nie my belofte nagekom om haar as vrou vir my seun Sela te gee nie.” Juda het daarna nie weer met Tamar gemeenskap gehad nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Juda het dit herken en gesê: Sy het reg teenoor my, want ek het haar mos nie aan my seun Sela gegee nie. En hy het haar verder nie meer beken nie. |
| Afrikaans 1983 | Juda het dit herken en gesê: “Sy is onskuldig, ek nie! Ek moes my seun Sela aan haar as man gegee het.” Juda het nooit weer met haar gemeenskap gehad nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Juda het dit herken en gesê: “Sy is reg, eerder as ek; want ek het haar mos nie vir my seun Sela gegee nie.” Hy het nie weer met haar gemeenskap gehad nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Juda het gesien dat dit sy eie goed is en toe sê hy: “Sy is onskuldig. Dit is ék wat verkeerd is, want ek het nie my seun Sela met haar laat trou nie.” Juda het nie weer seks gehad met haar nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Juda het dit onmiddellik herken en gesê: “Los die vrou uit! Sy is hoegenaamd nie skuldig nie. Sy was reg en ek verkeerd. Ek moes Sela, my derde seun, aan haar gegee het, maar ek het dit nie gedoen nie. Ek is dus die skuldige. So, laat haar gaan.” Juda het nooit weer by Tamar geslaap nie. |