Genesis 38:25 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sy gebore is, het sy na haar skoonvader gestuur om te sê: By die man wie s'n hulle is, is ek swanger; personeel.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe hulle haar uitbring om haar te straf, stuur sy ’n boodskap aan haar skoonpa: “Die man aan wie hierdie seël, armband en kierie behoort, is die pa van my kind. Herken jy hulle?”
Afrikaans 1933/1953 Terwyl sy uitgebring word, laat sy haar skoonvader dit weet: By die man aan wie hierdie dinge behoort, is ek swanger. En sy het gesê: Kyk tog mooi aan wie hierdie seëlring en bandjies en staf behoort.
Afrikaans 1983 Maar toe hulle haar wou gaan haal, stuur sy 'n boodskap na haar skoonpa toe: “Die man aan wie hierdie goed behoort — ek het by hom swanger geword. Stel vas aan wie hierdie seëlring met die ketting en die kierie behoort.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Terwyl sy uitgebring word, stuur sy toe 'n boodskap vir haar skoonvader: “By die man aan wie hierdie goed behoort, het ek swanger geraak.” Sy het ook gesê: “Stel tog vas aan wie hierdie rolseël en koord en staf behoort!”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die mense het haar uitgebring, maar sy het vir haar skoonpa 'n boodskap gestuur: “Ek is swanger, en hierdie goed behoort aan die man wat seks gehad het met my. Kyk asseblief goed wie se seëlring en toutjie en kierie dit is.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle het Tamar gegryp en haar nader gesleep. Gelukkig kon sy betyds vir haar skoonpa ’n pakkie met ’n boodskap daarby stuur. “Meneer,” het sy gesê, “die man aan wie hierdie goed behoort, is die pa van die kind. Kan Meneer dalk vasstel aan wie die seëlring met sy kettinkie en die kierie behoort?”