Genesis 38:23 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe sê Juda: Laat sy dit vir haar neem, dat ons nie beskaamd word nie; kyk, ek het hierdie bokkie gestuur, maar jy het haar nie gekry nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Sy moet dan maar die goed hou!” sê hy. “Ons het ons bes probeer om die bokkie vir haar te gee. Ons sal van onsself ’n spektakel maak as ons weer na die dorpie toe teruggaan.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe sê Juda: Laat sy dit hou, dat ons nie 'n bespotting word nie. Kyk, ek het hierdie boklam gestuur, maar jy het haar nie gevind nie. |
| Afrikaans 1983 | Toe sê Juda: “Laat sy die goed hou. Netnou maak ek nog 'n gek van my. Ek sou die boklam stuur, maar jy kon die vrou nie kry nie.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe sê Juda: “Laat sy dit hou, anders word ons verag. Kyk, ek het wel hierdie boklam gestuur, maar jy het haar nie gekry nie.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe sê Juda: “Sy mag die goed hou. Ek wil nie hê die mense moet ons spot nie. Ek het die bok-lam gestuur, maar jy kon haar nie kry nie.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Juda het geantwoord: “Nouja, dan moet sy maar die goed hou. As ons langer soek, gaan die mense net vir ons lag. Ek het my deel gedoen en die boklam gestuur, maar jy kon haar nie kry nie. Ons kan nou niks meer doen nie.” |