Genesis 38:22 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy het na Juda teruggekeer en gesê: Ek kan haar nie kry nie; en ook die manne van die plek het gesê dat daar geen hoer in hierdie plek was nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Gira het toe maar teruggegaan na Juda toe en gesê: “Ek kon haar nêrens kry nie en die mense van die dorp sê daar is nie ’n prostituut daar nie.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarop gaan hy na Juda terug met die berig: Ek het haar nie gevind nie. En die mense van die plek het ook gesê: Hier was geen hoer nie. |
| Afrikaans 1983 | Hy is toe terug en het vir Juda gesê: “Ek kon haar nie kry nie. En die mense van daardie plek sê self ook daar is nie 'n tempelprostituut by hulle nie.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy keer toe terug na Juda en sê: “Ek kry haar nie, en die manne van die plek het ook gesê, ‘Hier was nie 'n prostituut nie.’ ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Gira gaan toe terug na Juda toe en sê vir hom: “Ek het haar nie gekry nie, en die mense van daardie plek sê ook daar is nie 'n tempel-prostituut daar nie.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Gira is toe met boklam en al terug en het vir Juda gesê: “Ek het oral gesoek, maar ek kon haar nie kry nie. En die ergste is dat die dorpsmense sê daar was nog nooit ’n prostituut daar nie.” |