Genesis 38:21 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe vra hy die manne van daardie plek en sê: Waar is die hoer wat openlik langs die pad was? En hulle sê: Daar was geen hoer in hierdie plek nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy vra toe vir die mense van die plek: “Waar is die tempelprostituut wat hier langs die pad by die poort van Enajim gesit het?” “Ons het nog nooit ’n tempelprostituut hier gehad nie,” het hulle geantwoord. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe vra hy die mense van haar woonplek: Waar is daardie hoer wat in Enaim by die pad was? En hulle antwoord: Hier was geen hoer nie. |
| Afrikaans 1983 | Hy het navraag gedoen by die mense van die plek waar sy gesit het. Hy het gevra: “Waar is daardie tempelprostituut wat by Enajim langs die pad was?” Hulle het hom geantwoord: “Hier by ons is nie 'n tempelprostituut nie.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy het vir die manne van haar plek gevra: “Waar is die prostituut wat in Enajim langs die pad was?” Maar hulle het gesê: “Hier was nie 'n prostituut nie.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Gira vra toe vir die mense by die plek waar sy gesit het: “Waar is die tempel-prostituut wat by Enajim langs die pad gesit het?” Maar hulle sê: “Hier is nie 'n tempel-prostituut nie.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hy het naderhand die plek se mans begin uitvra: “Waar is die prostituut wat by Enaim langs die pad gesit het?” “Daar was nog nooit ’n prostituut hier nie,” het hulle geantwoord. |