Genesis 38:20 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Juda het die bokkie deur die hand van sy vriend, die Adullamiet, gestuur om sy pand uit die hand van die vrou te ontvang, maar hy het haar nie gekry nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Juda het later sy vriend Gira, die Adullamiet, gevra om die bokkie na haar toe te neem en die pand by haar terug te kry. Hy kon haar egter nie opspoor nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Juda het die boklam gestuur deur middel van sy vriend, die Adullamiet, om die pand uit die hand van die vrou te gaan haal. Maar hy het haar nie gevind nie. |
| Afrikaans 1983 | Juda het sy vriend, Gira van Adullam, gestuur met die boklam om die pand by haar te gaan haal, maar hy kon haar nie opspoor nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Juda het toe die boklam saam met sy vriend uit Adullam gestuur om die pand by die vrou te kry. Maar hy kon haar nie kry nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Juda het sy vriend Gira van Adullam gestuur om die bok-lam vir haar te bring, sodat hy die seëlring en die toutjie en die kierie kon terugkry van die vrou, maar sy vriend Gira kon nie die vrou kry nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Juda het toe sy vriend, Gira van Adullam, met die boklam gestuur. Hy moes ook Juda se besittings terugbring. Gira kon Tamar egter nêrens kry nie. |