Genesis 38:18 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy sê: Watter pand sal ek jou gee? En sy sê: Jou seëlring en jou armbande en jou staf wat in jou hand is. En hy het dit aan haar gegee en by haar ingekom, en sy het by hom swanger geword.
Afrikaans (NLV) 2011 “Nou wat wil jy hê?” vra hy. Sy antwoord: “Ek wil jou seël, jou armband en die stok in jou hand hê.” Juda gee toe die goed wat sy gevra het. Hy het met haar gemeenskap gehad en sy het swanger geword.
Afrikaans 1933/1953 En hy sê: Wat is die pand wat ek jou moet gee? Toe antwoord sy: Jou seëlring met die bandjie en jou staf wat in jou hand is. Hy gee dit toe aan haar en gaan by haar in, en sy het by hom swanger geword.
Afrikaans 1983 Toe vra hy: “Wat se pand kan ek jou gee?” Sy het geantwoord: “Jou seëlring met die ketting en jou kierie.” Hy het dit vir haar gegee en met haar gemeenskap gehad en sy het swanger geword.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy vra toe: “Wat is die pand wat ek vir jou moet gee?” Sy het geantwoord: “Jou rolseël en koord en die staf in jou hand.” Hy het dit vir haar gegee en by haar ingegaan, en sy het van hom swanger geword.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy vra toe: “Watter bewys wil jy hê? Wat moet ek vir jou gee?” En sy sê: “Jou seël met sy toutjie, en die kierie wat in jou hand is.” Hy het dit vir haar gegee. Juda het seks gehad met haar, en sy het swanger geword.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Juda het haar gevra: “Wat wil jy hê moet ek los?” “Jou seëlring met sy kettinkie en jou kierie,” het sy gesê. Hy het dit vir haar gegee en by haar gaan slaap. Tamar het toe ’n kind by hom verwag.