Genesis 38:17 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy sê: Ek sal vir jou 'n bokkie uit die kleinvee stuur. En sy sê: Sal jy my 'n pand gee totdat jy dit stuur?
Afrikaans (NLV) 2011 “Ek sal vir jou ’n bokkie uit my trop stuur,” belowe Juda. “Mits jy vir my ’n pand gee totdat jy dit stuur,” sê sy.
Afrikaans 1933/1953 En hy antwoord: Ek sal jou 'n boklam van die kleinvee af stuur. Toe sê sy: As jy 'n pand gee totdat jy dit stuur.
Afrikaans 1983 Hy het geantwoord: “Ek sal vir jou 'n boklam uit my kudde stuur,” maar sy sê: “Dan moet jy my solank 'n pand gee.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Sy antwoord was: “Ek sal self vir jou 'n boklam uit my kleinvee stuur.” Maar sy het gesê: “As jy vir my 'n pand gee totdat jy dit stuur, ja.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy het geantwoord: “Ek sal vir jou 'n bok-lam gee. Ek sal dit later vir jou stuur.” Sy sê toe: “Jy moet eers vir my 'n bewys gee dat jy die bok-lam sal stuur.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Juda het geantwoord: “Ek sal vir jou ’n boklam uit my kudde stuur.” Tamar het gesê: “Dis nie genoeg nie. Los iets as waarborg dat jy die boklam sal stuur.”