Genesis 38:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy het na haar met die pad gedraai en gesê: Gaan tog, laat my tog by jou ingaan; (want hy het nie geweet dat sy sy skoondogter was nie.) Toe sê sy: Wat wil jy my gee, dat jy by my kan inkom?
Afrikaans (NLV) 2011 Hy draai toe uit en onderhandel met haar om gemeenskap te hê. Hy het nie geweet dat dit sy skoondogter is nie. “Hoeveel sal jy my betaal?” vra Tamar hom.
Afrikaans 1933/1953 en hy het na haar uitgedraai by die pad en gesê: Kom tog, laat my by jou ingaan; want hy het nie geweet dat dit sy skoondogter was nie. En sy vra: Wat sal jy my gee as jy by my ingaan?
Afrikaans 1983 Hy het na haar toe uitgedraai en vir haar gesê: “Kom! Ek wil met jou gemeenskap hê!” Hy het nie besef dat dit sy skoondogter is nie. Toe vra sy vir hom: “Wat sal jy my daarvoor betaal?”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy het op die pad na haar afgedraai en gesê: “Kom, ek wil by jou ingaan!” Hy het immers nie besef dat dit sy skoondogter was nie. Sy vra toe: “Wat sal jy my gee as jy by my ingaan?”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy het by haar gestop en vir haar gesê: “Kom, ek wil asseblief seks hê met jou.” Hy het nie geweet dat dit sy skoondogter is nie. Tamar vra toe vir hom: “Wat sal jy my betaal?”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy het reguit na haar toe gestap waar sy langs die pad sit en vir haar gesê: “Kom, ek wil by jou gaan slaap.” Juda het natuurlik nie geweet dis sy skoondogter nie. Sy het gevra: “Hoeveel sal jy my betaal?”