Genesis 38:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En sy het haar weduwee se klere van haar uitgetrek en haar met 'n sluier toegemaak en haar toegedraai en op 'n oop plek gaan sit wat langs die pad na Timna is; want sy het gesien dat Sela groot geword het, en sy is nie aan hom as vrou gegee nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Tamar het opgemerk dat Sela nou al groot genoeg was, maar dat Juda nie sy belofte nagekom het nie. Sy het haar rouklere uitgetrek, ’n sluier aangesit en haarself vermom. Toe het sy langs die pad na Timna, by die poort van die dorpie Enajim, gaan sit. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe trek sy die klere van haar weduweeskap uit en bedek haar met 'n sluier en draai haar toe; en sy het gaan sit by die ingang van Enaim wat op die pad na Timna lê. Want sy het gesien dat Sela groot geword het, maar sy was aan hom nie as vrou gegee nie. |
| Afrikaans 1983 | Ondertussen het sy gemerk dat Sela al groot is, maar dat sy nog nie vir hom as vrou gegee is nie. Sy het toe haar rouklere tuis gelaat, haar gesig met 'n sluier toegemaak, haar vermom en by die poort van Enajim langs die Timnapad gaan sit. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Sy trek toe die klere van haar weduweeskap uit, bedek haar gesig met 'n sluier en vermom haar. Sy het by die ingang van Enajim, wat langs die pad na Timna is, gaan sit; want sy het gesien dat Sela grootgeword het, maar sy is nie vir hom as vrou gegee nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Tamar het gesien dat Sela groot geword het, maar Juda het haar nie vir Sela gegee sodat hulle twee kon trou nie. Tamar trek toe haar weduwee-klere uit en maak haar gesig toe met 'n sluier. Sy het haar vermom en gaan sit by die stad Enajim se poort langs die pad wat na Timna gaan. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Tamar het vinnig opgestaan en haar donker rouklere uitgetrek. Sy het ’n sluier gevat en dit om haar gegooi sodat niemand haar kon herken nie. Toe het sy by die poort van Enaim gaan sit, want dit was op die pad na Timna toe. Sy het dit gedoen omdat sy gesien het dat Sela al groot was en hy het nog nie met haar getrou nie. |