Genesis 38:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En met verloop van tyd het die dogter van Sua, die vrou van Juda, gesterwe; en Juda is getroos en opgegaan na sy skaapskeerders na Timna, hy en sy vriend Hira, die Adullamiet. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Mettertyd het Juda se vrou, Bat-Sua, gesterf. Ná die routyd het Juda en sy vriend Gira van Adullam na Timna gegaan waar skeerders besig was om sy skape te skeer. |
| Afrikaans 1933/1953 | En nverloop van geruime tyd het die dogter van Sua, die vrou van Juda, gesterwe. En toe Juda klaar getreur het, het hy opgegaan na die skeerders van sy kleinvee, na Timna toe, hy en sy vriend Hira, die Adullamiet. |
| Afrikaans 1983 | 'n Lang ruk hierná het Juda se vrou Bat-Sua gesterf. Nadat hy oor haar gerou het, is hy na Timna toe om sy kleinvee te laat skeer. Sy vriend Gira van Adullam is saam. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Intussen het baie dae verloop. Juda se vrou, die dogter van Sua, het gesterf. Nadat Juda klaar gerou het, het hy en sy vriend Gira, uit Adullam, opgegaan na die skeerders van sy kleinvee in Timna. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ná 'n lang tyd het Juda se vrou Bat-Sua gesterf. Hy het gehuil en getreur oor haar, en toe die tyd verby was toe hy gerou het, het hy na die stad Timna gegaan om sy skape en bokke te gaan skeer. Sy vriend Gira van Adullam het saam met hom gegaan. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Lank hierna is Juda se vrou, die dogter van Sua, ook dood. Toe hy klaar oor haar gerou het, is hy saam met sy vriend, Gira van Adullam, Timna toe. Hy wou gaan kyk hoe hulle met die skeer van sy skape gevorder het. |