Genesis 37:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy het nog 'n ander droom gedroom en dit aan sy broers vertel en gesê: Kyk, ek het nog 'n droom gedroom; en kyk, die son en die maan en die elf sterre het hul voor my neergebuig.
Afrikaans (NLV) 2011 Daarna het Josef nog ’n droom gehad en hy vertel dit weer aan sy broers. “Luister na hierdie droom,” sê hy. “Die son, maan en elf sterre het voor my kom neerbuig!”
Afrikaans 1933/1953 Daarna het hy nog 'n ander droom gehad en dit aan sy broers vertel en gesê: Kyk, ek het nog 'n droom gehad -- die son en die maan en elf sterre het hulle voor my neergebuig.
Afrikaans 1983 Hy het ook nog 'n ander droom gehad en hy het dit vir sy broers vertel. Hy het gesê: “Ek het weer gedroom. Die son en die maan en elf sterre het voor my kom buig.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy het nog 'n ander droom gehad, en het dit vir sy broers vertel. Hy het gesê: “Ek het sowaar weer 'n droom gehad! Kyk, die son en die maan en elf sterre het diep voor my gebuig!”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Josef het weer gedroom en hy het vir sy broers vertel wat hy gedroom het. Hy het gesê: “Ek het weer gedroom. Ek het gedroom dat die son en die maan en elf sterre voor my kom buig.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Josef het nog ’n droom gehad en het dit sowaar weer vir sy broers loop en vertel. “Hoor hier,” het hy gesê, “ek wil julle van ’n ander droom vertel. Hierdie keer was dit die son, die maan en elf sterre wat gekom en voor my gebuig het.”