Genesis 37:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En sy broers sê vir hom: Sal jy waarlik oor ons heers? of sal jy waarlik oor ons heers? En hulle het hom nog meer gehaat oor sy drome en oor sy woorde. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Gaan jy dan ons koning word, gaan jy nogal oor ons regeer?” spot sy broers. Ná die vertelling oor die droom het hulle hom nog meer gehaat. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe sê sy broers aan hom: Wil jy miskien oor ons regeer? Of wil jy miskien oor ons heers? En hulle het hom nog meer gehaat oor sy drome en oor sy woorde. |
| Afrikaans 1983 | Toe sê sy broers vir hom: “Jy verbeel jou jy sal oor ons koning word. Dink jy dalk jy sal oor ons regeer?” Oor sy drome en sy praatjies het hulle 'n nog groter afkeer van hom gekry. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Sy broers het vir hom gesê: “Gaan jy regtig oor ons koning wees? Gaan jy regtig oor ons heers?” Hulle het toe 'n nog groter weersin in hom gekry weens sy drome en sy woorde. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Sy broers sê toe vir hom: “Dink jy regtig jy sal koning word en oor ons regeer?” Hulle het hom nog meer gehaat oor die droom waarvan hy hulle vertel het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die broers was woedend en het vir hom gevra: “Mannetjie, wil jy nou oor ons regeer? Wil jy ons baas word?” Die broers het Josef nog meer gehaat oor al sy droompraatjies. |