Genesis 37:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want kyk, ons was besig om gerwe in die veld te bind, en kyk, my gerf het opgestaan en ook regop gestaan; en kyk, julle gerwe het rondom gestaan en voor my gerf neergebuig.
Afrikaans (NLV) 2011 “Ons was besig op die land om gerwe graan vas te bind. My gerf het regop gestaan, maar julle gerwe het rondom kom staan en laag voor myne gebuig!”
Afrikaans 1933/1953 Kyk, ons was besig om gerwe te bind op die land toe meteens my gerf gaan staan en ook regop bly staan, terwyl julle gerwe daar rondom kom en hulle voor my gerf neerbuig.
Afrikaans 1983 en skielik gaan staan my gerf regop en julle gerwe gaan staan daar rondom en hulle buig voor myne.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Kyk, ons was besig om gerwe te bind in 'n stuk land, toe my gerf skielik regop kom en ook bly staan. En kyk, julle gerwe kom toe daar rondom myne saam en buig diep voor my gerf!”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) dat ons besig was om koring-gerwe vas te bind op die koringland. My gerf het regop gaan staan, en julle gerwe kom staan toe rondom my gerf en buig voor hom.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ons was almal in die veld besig om gerwe koring vas te bind. Skielik staan my gerf regop. Julle gerwe het ook regop gestaan en in ’n kring rondom my gerf kom staan. En daar buig julle gerwe toe voor my gerf.”