Genesis 37:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Josef het 'n droom gedroom en dit aan sy broers vertel, en hulle het hom nog meer gehaat.
Afrikaans (NLV) 2011 Een nag het Josef ’n droom gehad. Hy het dit vir sy broers vertel, waarna hulle hom nog meer gehaat het.
Afrikaans 1933/1953 Ook het Josef 'n droom gehad wat hy aan sy broers vertel het. Daaroor het hulle hom nog meer gehaat.
Afrikaans 1983 Op 'n keer het Josef gedroom en dit vir sy broers vertel. Daarna was hulle afkeer van hom nog groter.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Josef het 'n droom gehad, en hy het dit vir sy broers vertel. Hulle het toe 'n nog groter weersin in hom gekry.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Josef het een nag gedroom en hy het vir sy broers vertel wat hy gedroom het. Toe het hulle hom nog meer gehaat.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Op ’n dag het Josef ’n droom gehad en sy broers daarvan vertel. Dit het hulle so kwaad gemaak dat hulle hom nog meer gehaat het.