Genesis 37:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe sy broers sien dat hulle vader hom meer liefhet as al sy broers, het hulle hom gehaat en kon nie in vrede met hom praat nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maar sy broers het Josef gehaat omdat hulle pa vir Josef voorgetrek het. Hulle het geen vriendelike woord vir hom gehad nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe sy broers sien dat hulle vader hom meer as al sy broers liefhet, het hulle hom gehaat en kon nie vriendelik met hom praat nie. |
| Afrikaans 1983 | Toe sy broers sien dat hulle pa vir Josef liewer het as vir enige van hulle, het hulle 'n afkeer van Josef gekry en het hulle niks goeds oor hom gesê nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Sy broers het opgemerk dat hulle vader lief was vir hom, meer as vir al sy broers. Hulle het 'n weersin in hom gekry, en kon nie vriendelik met hom praat nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Sy broers het gesien dat hulle pa meer lief is vir Josef as vir hulle. Daarom het hulle vir Josef gehaat. Hulle wou niks goed van hom sê nie, hulle het gewens dat dit sleg gaan met hom. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Al die ander broers het gesien hulle pa was liewer vir Josef as vir hulle. En hulle het Josef begin haat, so erg dat hulle kortaf en onbeskof met hom was. |