Genesis 37:36 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die Midianiete het hom na Egipte verkoop aan Potifar, 'n beampte van Farao en owerste van die lyfwag.
Afrikaans (NLV) 2011 Intussen het die handelaars Josef in Egipte aan Potifar verkoop, ’n beampte van die farao, die koning van Egipte. Potifar was die hoof van die farao se lyfwag.
Afrikaans 1933/1953 En die Midianiete het hom na Egipte verkoop aan Potifar, 'n hofdienaar van Farao, die owerste van die lyfwag.
Afrikaans 1983 Die Midianiete het vir Josef in Egipte verkoop aan Potifar. Hy was aan die farao se paleis verbonde as hoof van die lyfwag.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die Midianiete het hom in Egipte verkoop aan Potifar, 'n paleisamptenaar van die farao, en hoof van die lyfwag.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Midianiete het vir Josef in Egipte aan Potifar verkoop. Potifar was 'n belangrike amptenaar van die farao. Hy was hoof van die wagte wat die farao moes oppas.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Intussen het Josef in Egipte aangekom, waar die Midianiete hom aan Potifar verkoop het. Potifar was die hoof van die Egiptiese koning se lyfwagte.