Genesis 37:33 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy het dit geweet en gesê: Dit is my seun se mantel; 'n bose dier het hom opgeëet; Josef is sonder twyfel in stukke geskeur.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle pa het dit dadelik herken. “Ja,” sê hy. “Dit is my seun se kleed. Dis seker ’n wilde dier wat hom gevang en opgevreet het. Josef is sekerlik verskeur!”
Afrikaans 1933/1953 En hy het dit herken en gesê: Die rok van my seun! 'n Wilde dier het hom opgeëet. Verskeur, verskeur is Josef!
Afrikaans 1983 Israel het dit herken en gesê: “Dit is my seun se klere. 'n Roofdier het hom opgevreet. Josef is opgevreet!”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy het dit herken en gesê: “Dit is my seun se rok! 'n Roofdier het hom opgevreet! Josef is sonder twyfel verskeur!”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jakob het daarna gekyk en gesê: “Dit is my seun se rok. 'n Wilde dier het hom doodgemaak en opgevreet. Die dier het my seun Josef verskeur!”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy het dit onmiddellik herken en gesê: “Dit is werklik Josef se klere dié. ’n Wilde dier moes hom aangeval en verskeur het. Josef is uitmekaargeskeur!”