Genesis 37:32 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hulle het die baie kleure mantel gestuur en dit na hul vader gebring; en gesê: Dit het ons gevind; weet nou of dit jou seun se mantel is of nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Daarna stuur hulle die bloedbesmeerde kleed na hulle pa toe. “Ons het dit in die veld gekry,” sê hulle. “Is dit nie dalk Josef s’n nie?”
Afrikaans 1933/1953 en hulle stuur die lang rok weg en laat dit na hulle vader bring met die woorde: Dit het ons gevind. Kyk tog goed of dit die rok van u seun is of nie.
Afrikaans 1983 Toe stuur hulle Josef se klere met 'n boodskap vir hulle pa: “Ons het dít opgetel. Kyk of dit dalk u seun se klere is.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe stuur hulle die lang rok met moue vooruit en laat dit na hulle vader neem. Hulle het gesê: “Dit is wat ons gevind het. Stel tog vas: Is dit u seun se rok of nie?”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe stuur hulle sy rok na hulle pa toe en hulle laat weet vir hom: “Ons het hierdie rok opgetel. Kyk of dit miskien jou seun Josef se rok is.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe het die broers die kleed met die baie kleure en lang moue na hulle pa toe geneem en vir hom gesê: “Pa, ons het dit gekry. Kyk mooi of dit nie dalk Josef se klere is nie.”