Genesis 37:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Israel het Josef meer liefgehad as al sy kinders, omdat hy die seun van sy ouderdom was; en hy het vir hom 'n baie kleure mantel gemaak.
Afrikaans (NLV) 2011 Jakob het Josef liewer gehad as al sy ander kinders omdat hy gebore is toe Jakob reeds bejaard was. Hy gee toe vir Josef ’n besondere kleed.
Afrikaans 1933/1953 En Israel het Josef meer lief gehad as al sy seuns; want hy was vir hom 'n seun van die ouderdom; en hy het vir hom 'n lang rok met moue gemaak.
Afrikaans 1983 Van al sy seuns was Israel die liefste vir Josef, die seun wat in sy ouderdom gebore is, en daarom het hy vir Josef lang klere met moue gemaak.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Israel was lief vir Josef, meer as vir al sy ander seuns, want hy was vir hom die seun van sy ouderdom. Hy het vir Josef 'n lang rok met moue gemaak.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jakob se ander naam was Israel. Jakob was meer lief vir Josef as vir al sy ander seuns omdat Josef gebore is toe Jakob al oud was. Jakob het vir Josef 'n lang rok met moue gemaak.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Jakob was baie liewer vir Josef as vir al sy ander seuns. Josef was die kind wat op sy oudag gebore is en Jakob het hom liefgehad. Hy het toe vir Josef ’n kleed met lang moue en baie kleure laat maak.