Genesis 37:29 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Ruben het teruggegaan na die kuil; en kyk, Josef was nie in die put nie; en hy het sy klere geskeur.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe Ruben later terugkom om Josef uit die put te haal, was Josef nie meer daar nie. Hy skeur sy klere en
Afrikaans 1933/1953 Toe Ruben by die put terugkom, was Josef nie in die put nie! Daarop skeur hy sy klere,
Afrikaans 1983 Toe Ruben terugkom by die put, was Josef nie daar nie. Ruben het sy klere geskeur
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe Ruben terugkeer na die opgaarput, kyk, toe is Josef nie meer in die opgaarput nie. Hy het sy klere geskeur
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe Ruben terugkom by die put en sien dat Josef nie meer in die put is nie, was hy baie hartseer. Hy het sy klere geskeur.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ruben het van niks geweet nie, want hy was weg. Toe hy terugkom, is hy reguit na die put toe om Josef uit te haal, maar Josef was reeds weg. Ruben het hartseer geword en sy klere begin skeur.