Genesis 37:27 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Kom, laat ons hom aan die Ismaeliete verkoop, en laat ons hand nie teen hom wees nie; want Hy is ons broer en ons vlees. En sy broers was tevrede. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Kom ons verkoop Josef aan daardie Ismaelitiese handelaars. Ons moenie vir sy dood verantwoordelik wees nie. Per slot van rekening is hy ons broer!” Sy broers het saamgestem. |
| Afrikaans 1933/1953 | Kom, laat ons hom aan die Ismaeliete verkoop, maar laat ons hand nie teen hom wees nie, want hy is ons broer, ons vlees. En sy broers het na hom geluister. |
| Afrikaans 1983 | Kom ons verkoop hom aan die Ismaeliete. Ons moenie sy lewe neem nie, hy is ons broer, hy is bloedfamilie.” Juda se broers het na hom geluister, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Kom ons verkoop hom aan die Ismaeliete. Ons moenie ons hand aan hom slaan nie; hy is immers ons broer, ons eie vlees.” Sy broers het na hom geluister. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Kom ons verkoop hom aan die Ismaeliete. Ons moenie hom doodmaak nie. Onthou, hy is ons eie broer.” Juda se broers het toe na hom geluister. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek het ’n baie beter plan. Kom ons verkoop hom aan die Ismaeliete, dan hoef ons hom nie dood te maak nie. Hy is darem nog ons broer, ons eie bloed.” Die ander het saamgestem. |