Genesis 37:25 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hulle het gaan sit om brood te eet, en hulle het hul oë opgeslaan en gekyk, en kyk, daar kom 'n menigte Ismaeliete uit Gílead met hulle kamele wat speserye en balsem en mirre dra, op pad om dit na Egipte af te bring. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Net toe hulle gaan sit om te eet, sien hulle ’n klomp kamele in die verte in hulle rigting aankom. Dit was ’n groep Ismaelitiese handelaars wat gom, balsem en hars vanaf Gilead na Egipte toe neem. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarna het hulle gaan sit om brood te eet; en toe hulle hul oë opslaan, sien hulle meteens 'n reisgeselskap Ismaeliete wat uit G¡lead kom -- hulle kamele gelaai met speserye en balsem en gom op pad om dit na Egipte af te bring. |
| Afrikaans 1983 | Daarna het hulle gaan sit en eet, en toe hulle weer sien, kom daar 'n klomp Ismaelitiese handelaars uit Gilead aan. Hulle was op pad na Egipte toe en op hulle kamele was daar gom, balsem en hars gelaai. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle het gaan sit om brood te eet, en toe hulle opkyk, sien hulle daar kom 'n karavaan van Ismaeliete uit Gilead aan. Hulle kamele was gelaai met gom, balsem en hars. Hulle was op pad om dit na Egipte af te neem. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle gaan sit toe om te eet, en toe hulle kyk, sien hulle 'n klomp Ismaeliete wat uit Gilead kom. Hulle was handelaars en daar was boomgom, balsem en hars op hulle kamele. Hulle wou dit na Egipte neem om te verkoop. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Daarna het die broers gaan eet. Hulle het net begin toe hulle ’n stofwolk in die verte sien. Dit was ’n groep Ismaeliete wat van Gilead na Egipte op pad was. Daar was troppe kamele, swaar gelaai met gom, balsem en hars wat hulle in Egipte wou verkoop. |