Genesis 37:23 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En toe Josef by sy broers kom, het hulle Josef uit sy mantel uitgetrek, sy baie kleurige mantel wat aan hom was;
Afrikaans (NLV) 2011 Toe Josef daar aankom, het hulle hom sy spoggerige kleed laat uittrek
Afrikaans 1933/1953 En toe Josef by sy broers kom, trek hulle Josef se rok uit, die rok met lang moue wat hy aangehad het,
Afrikaans 1983 Josef het skaars by sy broers aangekom of hulle trek sy klere uit, die lang klere met moue wat hy aangehad het,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe Josef by sy broers aankom, het hulle Josef se rok uitgetrek, die lang rok met moue wat hy aangehad het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe Josef by sy broers kom, het hulle sy lang rok uitgetrek, die lang rok met moue.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe Josef uiteindelik by hulle aankom, het hulle hom begin rondpluk en sy klere afgeruk. Dit was die klere wat sy pa nog vir hom laat maak het, dié met die lang moue en die baie kleure.