Genesis 37:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Dit is die geslagte van Jakob. Josef, wat sewentien jaar oud was, het saam met sy broers die kleinvee opgepas; en die seun was by die seuns van Bilha en by die seuns van Silpa, sy vader se vroue; en Josef het aan sy vader hulle slegte gerug gebring.
Afrikaans (NLV) 2011 Nou volg die familiegeskiedenis van Jakob. Toe Josef sewentien jaar oud was, het hy dikwels sy pa se troppe vee opgepas saam met sy halfbroers, die seuns van sy pa se vroue Bilha en Silpa. Josef het by sy pa nuus aangedra oor die verkeerde dinge wat sy broers gedoen het.
Afrikaans 1933/1953 Dit is die geskiedenis van Jakob. Josef het as seun van sewentien jaar die kleinvee opgepas saam met sy broers -- hy was nog jonk -- met die seuns van Bilha en die seuns van Silpa, die vroue van sy vader. En Josef het die slegte gerug oor hulle na hulle vader oorgebring.
Afrikaans 1983 Hier volg die familiegeskiedenis van Jakob. Josef was nog jonk, sewentien, toe hy kleinvee opgepas het saam met sy broers, die seuns van Bilha en Silpa, sy pa se vrouens. Josef het slegte stories oor sy broers by hulle pa aangedra.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hier volg die familiegeskiedenis van Jakob: Josef was as sewentienjarige seun 'n skaapwagter by die kleinvee saam met sy broers. Hy was as 'n jong seun saam met die seuns van Bilha en Silpa, sy vader se vroue. Josef het vir hulle vader die slegte gerugte oor hulle gebring.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hier is die verhaal van Jakob se familie. Josef was jonk, hy was 17 jaar oud en hy het skape en bokke opgepas saam met sy broers, die seuns van sy pa se vroue Bilha en Silpa. Josef het vir sy pa stories vertel oor wat sy broers gedoen het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe Josef sewentien was, het hy saam met sy broers, sy pa se seuns by Bilha en Silpa, skape opgepas. Josef het elke dag by sy pa oor sy broers loop en skinder.