Genesis 37:18 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe hulle hom van ver af sien, nog voordat hy nader aan hulle gekom het, het hulle teen hom saamgesweer om hom dood te maak.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe sy broers hom sien aankom, het hulle hom van ver af herken en planne beraam om hom dood te maak.
Afrikaans 1933/1953 En hulle het hom van ver af gesien. Maar voordat hy naby hulle kom, het hulle listig raad gehou teen hom om hom dood te maak.
Afrikaans 1983 Hulle het hom al van ver af gesien en voor hy by hulle gekom het, het hulle ooreengekom om hom dood te maak.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle het hom van ver af gesien. Voordat hy naby hulle was, het hulle arglistig teen hom saamgespan om hom dood te maak.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy was nog ver van hulle, toe het hulle hom gesien aankom. Voordat hy by hulle gekom het, het hulle 'n plan gemaak om hom dood te maak.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle het hom al van ver af sien aankom. Voordat Josef nog by hulle was, het hulle klaar besluit om hom dood te maak.