Genesis 37:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe sê die man: Hulle het hiervandaan weggegaan; want ek het hulle hoor sê: Laat ons na Dotan gaan. En Josef het agter sy broers aan gegaan en hulle in Dotan gevind. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Ja,” antwoord die man, “maar hulle is nie meer hier nie. Ek het gehoor jou broers sê hulle gaan na Dotan toe.” Josef is na Dotan toe en het hulle daar gekry. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe sê die man: Hulle het hiervandaan weggetrek, want ek het hulle hoor sê: Laat ons na Dotan gaan. En Josef het agter sy broers aan gegaan en hulle in Dotan gevind. |
| Afrikaans 1983 | Toe sê die man: “Hulle het van hier af versit. Ek het gehoor hulle sê hulle wil na Dotan toe gaan.” Josef is toe agter sy broers aan en hy het hulle by Dotan gekry. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die man sê toe: “Hulle het hiervandaan weggetrek, want ek het gehoor hulle sê, ‘Kom ons gaan na Dotan.’ ” Josef is toe agter sy broers aan, en hy het hulle by Dotan gekry. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die man sê toe: “Hulle is nie meer hier nie. Hulle het weggegaan van hier. Ek het gehoor hulle sê hulle gaan na Dotan.” Josef het sy broers gevolg en hy het hulle in Dotan gekry. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Hulle was hier gewees,” het die vreemde man geantwoord, “maar toe is hulle weer vort. Ek het gehoor hulle is op pad Dotan toe.” Josef het toe sy broers se spoor gevat en hulle duskant Dotan ingehaal. |