Genesis 37:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy sê: Ek soek my broers; sê tog vir my waar hulle hul kleinvee oppas. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Ek soek my broers en hulle troppe vee,” antwoord Josef. “Het jy hulle dalk gesien?” |
| Afrikaans 1933/1953 | En hy antwoord: Ek soek my broers. Vertel my tog waar hulle die vee oppas. |
| Afrikaans 1983 | Josef antwoord hom: “Ek soek my broers. Kan jy my dalk sê waar hulle die kleinvee oppas?” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy het geantwoord: “Ek is op soek na my broers. Sê my asseblief waar hulle die vee laat wei.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Josef antwoord hom: “Ek soek my broers. As jy weet waar hulle die skape en bokke oppas, sê asseblief vir my.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Ek soek my broers,” het Josef geantwoord. “Meneer weet nie dalk waar hulle die skape laat wei nie?” |