Genesis 37:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En 'n sekere man het hom gekry, en kyk, hy het in die veld rondgedwaal; en die man het hom gevra en gesê: Wat soek jy?
Afrikaans (NLV) 2011 Iemand het hom gesien terwyl hy daar rondloop. “Waarna soek jy?” vra hy.
Afrikaans 1933/1953 Daarop kry 'n man hom terwyl hy in die veld ronddwaal, en die man vra hom: Wat soek jy?
Afrikaans 1983 Hy het daar in die veld rondgesoek, en toe kom 'n man by hom en dié vra vir hom: “Wat soek jy?”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) 'n Man het hom daar gekry; kyk, hy was aan die ronddwaal in die veld. Die man vra hom toe: “Wat soek jy?”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Josef het in die veld geloop, en 'n man het hom gesien. Die man vra toe vir hom: “Wat soek jy?”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Terwyl Josef nog so in die veld stap, sien hy ’n vreemde man aankom. “Wat soek jy?” het die man gevra.