Genesis 37:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy sê vir hom: Gaan tog, kyk of dit goed gaan met jou broers en met die kleinvee; en bring my weer woord. En hy het hom uit die Hebron vallei uitgestuur, en hy het in Sigem gekom.
Afrikaans (NLV) 2011 “Gaan kyk hoe dit met jou broers en die vee gaan,” sê Jakob. “Kom dan terug en vertel vir my.” Jakob was in die vallei van Hebron toe hy hom gestuur het. Josef het gegaan en in Sigem aangekom.
Afrikaans 1933/1953 Toe sê hy vir hom: Gaan tog verneem na die welstand van jou broers en die welstand van die vee, en bring vir my berig terug. So het hy hom dan uit die dal van Hebron weggestuur, en hy het by Sigem aangekom.
Afrikaans 1983 Toe sê Israel vir hom: “Gaan kyk of alles nog reg is by jou broers en met die kleinvee en kom vertel my alles.” Israel het hom van die laagte by Hebron af gestuur na Sigem toe.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy sê toe vir hom: “Gaan kyk asseblief of dit goed gaan met jou broers en met die kleinvee, en bring dan vir my nuus.” So het hy hom uit die vallei by Hebron gestuur, en hy het by Sigem aangekom.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe sê Jakob vir Josef: “Gaan kyk of dit goed gaan met jou broers en of dit goed gaan met die skape en bokke. Gaan kyk en kom vertel alles vir my.” So het Jakob vir Josef uit die Hebron-vallei gestuur, en Josef het na Sigem gegaan.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Jakob het verder gesê: “Jy moet gaan kyk hoe dit met jou broers gaan en wat die toestand van die vee is. Kyk mooi en dan kom vertel jy my.” Josef is toe daar weg. Van Hebron af is hy reguit in die rigting van Sigem.