Genesis 36:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want hulle rykdom was meer as dat hulle saam kon woon; en die land waarin hulle vreemdelinge was, kon dit vanweë hulle vee nie dra nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Daar was nie genoeg weiding vir die groot troppe beeste en kleinvee wat albei van hulle gehad het nie.
Afrikaans 1933/1953 want hulle besittings was te groot om saam te woon, en die land van hulle vreemdelingskap kon hulle nie dra vanweë hulle vee nie.
Afrikaans 1983 Hulle twee se besittings was te veel, hulle kon nie saam boer nie, en die land waar hulle as vreemdelinge gebly het, kon nie hulle vee dra nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle besittings was immers te veel om saam te kon woon. Vanweë hulle diere, kon die land waar hulle as •vreemdelinge gewoon het, hulle nie dra nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Esau het weggetrek omdat hulle goed te veel was, hulle kon nie saam woon nie. Daar was nie genoeg plek vir al hulle diere in die land nie, die land waar hulle vreemdelinge was.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Esau en Jakob se besittings het net te veel geword en hulle kon nie meer saam boer nie. Die land, wat nog nie aan hulle behoort nie en waar hulle nog as vreemdelinge gebly het, was te klein vir al hulle vee.