Genesis 36:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Esau het sy vroue en sy seuns en sy dogters en al die mense van sy huis en sy vee en al sy diere en al sy besittings wat hy in die land Kanaän gekry het, geneem; en van die aangesig van sy broer Jakob af in die land gegaan. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Esau het met sy vroue, kinders, slawe, beeste en kleinvee en al die besittings wat hy in die land Kanaän bekom het, weggetrek van sy broer Jakob. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe neem Esau sy vroue en sy seuns en sy dogters en al die mense van sy huis, sy vee en al sy diere en al sy besittings wat hy in die land Kanaän verwerf het, en hy trek na 'n land, w,g van sy broer Jakob af; |
| Afrikaans 1983 | Maar Esau het met sy vrouens en sy seuns en dogters en al die mense by hom en met sy kleinvee en grootvee en al sy besittings wat hy in Kanaän bymekaargemaak het, weggetrek na 'n ander land toe, weg van sy broer Jakob af. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Esau het sy vroue, sy seuns en dogters en al die mense van sy huis geneem, ook sy vee, al sy ander diere en al sy besittings wat hy in die land Kanaän bekom het, en gegaan na 'n gebied weg van sy broer Jakob af. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Esau het alles geneem wat hy gehad het: sy vroue, sy seuns en dogters en al die mense in sy huis en alles wat hy gehad het, al sy vee en alles wat hy in Kanaän bymekaargemaak het. Hy het na 'n ander land gegaan, weg van sy broer Jakob. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Op ’n dag het Esau besluit om na ’n ander land toe te trek. Hy wou van sy broer, Jakob, af wegkom. Hy het toe sy vroue, sy seuns, sy dogters en al sy werkers gevat en hulle is daar weg. Hy het al die besittings wat hy oor die jare in Kanaän versamel het, asook al sy kleinvee en grootvee, saamgeneem. |