Genesis 36:24 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Dit is die kinders van Síbeon; Aja en Ana: dit was daardie Ana wat die muile in die woestyn gevind het toe hy die esels van sy vader Sibeon gevoed het.
Afrikaans (NLV) 2011 Sibon se seuns was: Aja en Ana. Dit is die Ana wat die warmbronne in die woestyn ontdek het terwyl hy sy pa se donkies opgepas het.
Afrikaans 1933/1953 En dit is die seuns van S¡beon: Aja en Ana. Dit is die Ana wat die warm fonteine in die woestyn gekry het toe hy die esels van sy vader S¡beon opgepas het.
Afrikaans 1983 Sibon se seuns was Aja en Ana. Dit is die Ana wat die warmbronne in die woestyn ontdek het terwyl hy sy pa Sibon se donkies opgepas het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dit was Sibon se nageslag: Aja en Ana. (Dit is die Ana wat op warmbronne afgekom het in die woestyn toe hy die donkies van sy vader Sibon daar laat wei het.)
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Sibon se seuns was Aja en Ana. Ana het sy pa Sibon se donkies in die woestyn opgepas, en in daardie tyd het hy fonteine met warm water in die woestyn gekry.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Sibon se seuns was Aja en Ana. En Ana het warmbronne in die woestyn ontdek terwyl hy sy pa, Sibon, se donkies opgepas het.