Genesis 36:17 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En dit is die seuns van Réhuel, die seun van Esau; die stamhoof Nahat, die stamhoof Serag, die stamhoof Samma, die stamhoof Misa: dit is die stamhoofde wat van Rehuel in die land Edom gekom het; dit is die seuns van Basmat, die vrou van Esau.
Afrikaans (NLV) 2011 Die seuns van Esau se seun Reüel wat stamhoofde geword het, was: Nagat, Serag, Samma en Missa. Hierdie stamhoofde in die land Edom was afstammelinge van Reüel, die seun van Esau en Basemat.
Afrikaans 1933/1953 En dit is die seuns van R,huel, die seun van Esau: die stamhoof Nahat, die stamhoof Serag, die stamhoof Samma, die stamhoof Missa. Dit is die stamhoofde van R,huel in die land Edom. Dit is die seuns van Basmat, die vrou van Esau.
Afrikaans 1983 Uit Esau se seun Reüel was daar Nagat, Serag, Samma en Missa, almal stamhoofde. Hulle was stamhoofde in Edom, almal uit Reüel se huis, die nageslag van Esau se vrou Basemat.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dit was die nakomelinge van Reüel, Esau se seun: stamhoof Nagat, stamhoof Serag, stamhoof Samma, en stamhoof Missa. Hulle was stamhoofde van Reüel in die land Edom. Dit was die nakomelinge van Basemat, Esau se vrou.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die leiers van die nageslag van Reüel, Esau se ander seun, was Nagat, Serag, Samma en Missa. Hulle was ook almal leiers van hulle families in Edom. Hulle was die nageslag van Esau en sy vrou Basemat.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Esau se seun Reüel het weer die volgende seuns gehad: Nagat, Serag, Samma en Missa. En hulle was almal stamhoofde. Hulle was die hoofde van verskillende stamme in Edom. Almal het uit die familie van Reüel gekom en hulle was deel van Basemat, die vrou van Esau, se nageslag.