Genesis 35:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar Debora Rebekka se verpleegster het gesterf, en sy is onder Bet-el begrawe onder 'n eikeboom, en die naam daarvan is Allonbachuth genoem. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Kort daarna het Debora, die slavin wat vir Rebekka grootgemaak het, gesterf. Hulle het haar onder die groot boom naby Bet-El begrawe. Hulle het dit Huilboom genoem. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Debora, die oppasser van Rebekka, het gesterwe, en sy is begrawe onderkant Bet-el, onder die eikeboom. En hulle het dit genoem: Eik van geween. |
| Afrikaans 1983 | Debora, die vrou aan wie Rebekka as kind gedrink het, het daar gesterf en hulle het haar begrawe onder die groot boom naby Bet-El, en hulle het dit Huilboom genoem. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Debora, die oppasser van Rebekka, is daar oorlede. Sy is begrawe onderkant Bet-El, onder die eikeboom. Hulle het dit die Eikeboom van Gehuil genoem. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe Rebekka nog klein was, het sy gedrink aan 'n vrou. Die vrou se naam was Debora. Debora het daar by Bet-El gesterf. Hulle het haar begrawe onder 'n boom naby Bet-El. Hulle het die boom “Huilboom” genoem. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Intussen is Debora dood. Rebekka het as kind aan haar gedrink en sy was lewenslank aan Debora geheg. Hulle het Debora onder die groot eikeboom net buite Bet-El begrawe. Hulle het die boom Eik van Trane genoem. |