Genesis 35:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Jakob het toe na Lus gekom wat in die land Kanaän is, dit is Bet-el, hy en al die mense wat by hom was. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Jakob-hulle het by Lus, nou Bet-El genoem, in Kanaän aangekom. |
| Afrikaans 1933/1953 | So het Jakob dan in Lus aangekom wat in die land Kanaän is dit is Bet-el -- hy en al die mense wat by hom was. |
| Afrikaans 1983 | Jakob en al die mense by hom het by Lus aangekom. Dit is die Lus wat in Kanaän geleë is, nou bekend as Bet-El. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe Jakob by Lus, dit is Bet-El, in die land Kanaän aankom, hy en al die mense wat by hom was, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jakob en almal wat by hom was, het by die stad Lus in Kanaän aangekom. Lus se ander naam was Bet-El. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Uiteindelik het Jakob en al sy mense by Bet-El in Kanaän, ook Lus genoem, aangekom. |