Genesis 35:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hulle het weggetrek, en die skrik van God was oor die stede wat rondom hulle was, en hulle het die seuns van Jakob nie agtervolg nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Terwyl hulle wegtrek, het daar so ’n verskrikking van God oor die mense van die omgewing gekom dat niemand eers gewaag het om Jakob en sy seuns te agtervolg nie.
Afrikaans 1933/1953 En toe hulle weggetrek het, kom daar 'n skrik van God op die stede rondom hulle, sodat hulle die seuns van Jakob nie agternagejaag het nie.
Afrikaans 1983 Toe Jakob-hulle wegtrek, het God die mense van die stede in daardie omgewing so bang gemaak vir Jakob en sy seuns dat hulle nie agtervolg is nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle het toe weggetrek, en 'n verskrikking van God af het oor die dorpe rondom hulle geheers, sodat hulle nie die seuns van Jakob agtervolg het nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe Jakob en sy mense wegtrek, het God die mense van die stede om hulle so bang laat word dat hulle nie vir Jakob en sy seuns gevolg en gejaag het nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daarna het Jakob en sy mense Bet-El toe getrek. God was by hulle, want Hy het ’n groot angs oor die omringende stede laat kom sodat hulle Jakob en sy mense in vrede Bet-El toe laat trek het.