Genesis 35:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hulle het aan Jakob al die vreemde gode gegee wat in hulle hand was, en al hulle oorringe wat in hulle ore was; en Jakob het hulle weggesteek onder die terpentynboom wat by Sigem was.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle gee toe al hulle afgodsbeelde en oorringe vir Jakob. Hy het dit onder die boom naby Sigem begrawe.
Afrikaans 1933/1953 Toe gee hulle aan Jakob al die vreemde gode wat in hulle besit was, en die ringe aan hulle ore, en Jakob het dit begrawe onder die terpentynboom wat by Sigem is.
Afrikaans 1983 Hulle het toe al die afgodsbeelde in hulle besit vir Jakob gegee en ook hulle oorringe. Hy het dit onder die groot boom by Sigem begrawe.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle het toe al die vreemde gode wat hulle by hulle gehad het, vir Jakob gegee, ook die ringe wat aan hulle ore was. Hy het dit onder die groot terebintboom wat by Sigem is, weggesteek.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle gee toe vir Jakob al die beelde wat hulle gehad het van ander volke se gode, en ook al hulle oor-ringe. Jakob het dit alles begrawe onder die boom by Sigem.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Almal het hulle afgode gebring asook hulle oorringe. En Jakob het al die goed gevat en dit onder die groot boom duskant Sigem begrawe.