Genesis 35:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Laat ons opstaan en optrek na Bet-el; en ek sal daar 'n altaar maak vir God wat my geantwoord het op die dag van my benoudheid en by my was op die pad wat ek gegaan het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ons gaan nou na Bet-El toe waar ek ’n altaar wil bou tot eer van die God wat my gebede verhoor het toe ek in die verknorsing was. Hy was oral by my waar ek gegaan het.” |
| Afrikaans 1933/1953 | en laat ons klaarmaak en optrek na Bet-el; en ek sal daar 'n altaar bou vir die God wat my geantwoord het op die dag van my benoudheid en by my was op die weg wat ek gegaan het. |
| Afrikaans 1983 | Ons moet klaarmaak en Bet-El toe gaan. Daar moet ek 'n altaar gaan bou vir die God wat my gebed verhoor het toe ek in die moeilikheid was en wat by my was waar ek ook al gegaan het.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Kom ons maak gereed en trek op na Bet-El, sodat ek daar 'n altaar kan bou vir die God wat my geantwoord het op die dag toe ek in die nood was, en by my was op die pad wat ek gegaan het.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ons moet gereedmaak en na Bet-El gaan, sodat ek daar 'n altaar kan bou vir God wat geluister het na my gebed en wat my gehelp het toe ek groot probleme gehad het. Hy was by my oral waar ek gegaan het.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ons gaan binnekort Bet-El toe. Daar gaan ek ’n altaar vir die Here bou, omdat Hy geluister het toe ek moedeloos was en Hy altyd saam met my op die pad was.” |