Genesis 35:20 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Jakob het 'n gedenksteen op haar graf opgerig; dit is die gedenksteen van Ragel se graf tot vandag toe. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Jakob het ’n klip as gedenkteken op die graf gesit. Dit staan vandag nog daar. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Jakob het 'n gedenksteen op haar graf opgerig; dit is die gedenkteken van die graf van Ragel tot vandag toe. |
| Afrikaans 1983 | Jakob het 'n groot klip op haar graf gesit. Dit is die klip wat nou nog op haar graf is. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Jakob het 'n gedenksteen op haar graf opgerig. Dit is die gedenksteen van Ragel se graf tot vandag toe. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jakob het 'n gedenksteen op haar graf gesit. Dit is die gedenksteen wat vandag nog op Ragel se graf is. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Jakob het ’n grafsteen op haar graf gesit, wat nou nog daar staan. |